Sprake van bedrog by Tlokwe-tussenverkiesing

Deel op

Die OVK het in die Grondwethof erken dat die kiesersrol wat gebruik is in die 2013 Tlokwe-tussenverkiesings, geen adresse gehad het nie.

‘n Opposisielid wat die hofverrigtinge bywoon, het dié inligting getwiet.

Dit het ook aan die lig gekom dat onafhanklike kandidate nie behoorlik stemme kon werf nie omdat hulle eers sewe dae voor die verkiesings kieserslyste ontvang het.

Agt onafhanklike kandidate beweer kiesers is met busse aangery uit ander streke van die provinsie om in Tlokwe te stem, en daar het ook ander ongerymdhede tydens die verkiesings plaasgevind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.