Vrystaat tot rampgebied verklaar met waternood

Deel op

Die ­Vrystaat is dié week tot rampgebied verklaar weens ‘n knellende droogte. Talle Vrystaatse dorpe is tans byna sonder water gelaat, ook weens wanbestuur.

Munisipaliteite, wat boonop skoon drinkwater met rou riool besoedel, is genood­saak om waterbeperkings af te kondig.

Die Mantsopa-munisipaliteit wat Excel­sior, Ladybrand en Tweespruit insluit, se munisipale bestuurder word tans strafregtelik aangekla omdat rouriool in Ladybrand se skoon drinkwater loop.

Die Mangaung-­metro in Bloemfontein het reeds waterbeperkings ingestel en beboet inwoners wat waterbesparingsmaatreëls oortree.

Die Masi­lonyana-munisipaliteit, wat Brandfort, Winburg en Theunissen insluit, het Vrydag water­beperkings aangekondig.

Inwoners kla dat die akute waternood op Brandfort al langer as ’n maand duur.

In Marquard, Clocolan, Ficksburg en Senekal sukkel inwoners al die afgelope drie jaar met ‘n soortgelyke waternood, waar krane in die huis nie ‘n druppel lewer op sekere tye van die dag nie.

Die afgelope ses jaar al het Wepener net drie maande van die jaar water en inwoners kan nie normaalweg bad, stort of wasgoed was nie.

Hulle moet met die minimun water uit skotteljies klaarkom.

Die meeste dorpe word gehelp met water uit die Katsedam in Lesotho wat ook met tenkwaens aangery word, maar inwoners kla dat die water dikwels nie skoon is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.