Vrou in heup geskiet in aanval by Brits

Deel op

Vier swart verdagtes is steeds op vrye voet nadat hulle Donderdagaand ‘n vrou in ‘n aanval op ‘n kleinhoewe by Buffelsfontein naby Mooinooi in die Brits-gebied in die heup geskiet het

Noordwes-polisiewoordvoerder, Kealeboga Molale, sê die rowers het vermoedelik oor ‘n veiligheidsmuur gespring om toegang tot die erf te kry. Sy sê die vrou en twee ander gesinslede is oorval toe hul reggemaak het om buite die huis vleis te braai.

Molale sê sover bekend is twee skote afgevuur.

Molale sê die aanvallers het met die gesin se Toyota-bakkie op die vlug geslaan. Die verlate bakkie is later sowat 500 meter van die toneel gevind. Sy sê die polisie ondersoek ‘n klag van poging tot moord en huisbraak.

Volgens haar word die gewonde vrou in ‘n hospitaal in die gebied behandel. Haar toestand is onbekend.

Molale sê dit is in dié stadium onduidelik wat presies gesteel is.

Die ondersoek duur voort.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.