Namibië oorweeg tolhekke

Deel op

Tolhekke sal die Namibiese padnetwerk in stand hou, het die Namibiese president, dr. Hage Geingob, verklaar, maar erken dat sy landgenote daarteen gekant is.

“Ek kan nie verstaan waarom Namibiërs teen tolhekke gekant is nie,” het die president bygevoeg tydens ‘n ontmoeting met sakelui.

Volgens hom is die Suid-Afrikaanse padinfrastruktuur, wat as een van die beste in Afrika geag word, juis aan tolhekke te danke, het die Republikein berig.

Die Suid-Afrikaanse padinfrastruktuur is egter deur ‘n wit regering geskep, lank voor tolhekke.

Volgens ’n bron in die ministerie van werke en vervoer is die voertuiggetalle in Namibië egter nie genoeg om tolhekdienste te regverdig nie.

Die swart sakegemeenskap meen voorts dat die regering nie genoeg grond gratis vir kommersiële en nywer­heidsdoeleindes beskikbaar stel nie.

Beide Geingob en die Windhoekse burgemeester, mnr. Muesee Kazapua, het egter Shaanika se stelling verwerp en gesê grond is vir dié doeleindes beskikbaar gemaak.

“Die stelsel kan stadig wees, maar geen sektor is uitgelaat nie,” het Geingob gesê.

Hy het gesê grond is baie duur en die blaam op die sakegemeenskap geplaas. “Die oorsaak van hoë grondpryse is die middelman en dié middel­man is niemand anders as die sakelui nie.”

Die Namibiese sakegemeenskap het aan die president gesê die skaarsheid van water in die hoofstad is nie net ’n bedreiging vir plaaslike sakelui nie, maar ook vir buitelandse beleggers.

Volgens Shaanika is hoë elektrisiteitstariewe ook een van die uit­dagings wat hulle ervaar.

Die president gesê dit is ’n ope geheim dat Namibië deur klimaatverandering geraak word, maar die regering onderhandel tans om water van standhoudende riviere na die sentrale dele van die land te pomp.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.