Brittanje dood twee Britse burgers met tuig-aanvalle

Deel op

Die Britse premier, David Cameron, het Maandag aankondig dat twee Britse burgers in ‘n aanval deur Britse onbemande tuie gedood is.

Die twee is dood toe die Britse weermag lede van die Islamitiese Staat (IS) in Sirië geteiken het.

Hy het gesê Augustus se aanval was die eerste keer dat Britse magte ’n aanval in ’n ander land in ’n nie-oorlogsituasie uitvoer.

Die VSA loop reeds onder kwaai kritiek deur weens die onwettige aanvalle wat hulle in ander lande uitvoer sonder dat hulle oorlog teen sulke lande verklaar het. Dit is strydig met die Geneefse Konvensie.

Ook meen kritici dat sulke aanvalle die risiko vir Moslemgeweld teen Westerse teikens aanmoedig.

Volgens Cameron was die aanval egter nodig om Brittanje te verdedig. Die regering se regsadviseurs het die aanval gesteun.

Dit was daarop gemik om spesifieke dreigemente deur terroriste met ’n ystervuis vas te vat, het Cameron gesê.

Die hoofteiken van die aanval was die 21-jarige Reyaad Khan, ’n Britse man wat in talle IS-werwings­videos verskyn.

“Junaid Hussain en Reyaad Khan was Britse burgers wat in Sirië besig was om aktief IS-ondersteuners te werf. Die mans was ook besig om spesifieke en wrede aanvalle teen die Weste te beplan,” het Cameron gesê.

Die derde man wat in die aanval dood is, is nóg ’n Britse burger, Ruhul Amin (26).

Volgens Cameron is Brittanje genoodsaak om betrokke te raak by lugaanvalle teen IS in Sirië, maar het onderneem om eers parlementêre goedkeuring te verkry voordat Brittanje by die Amerikaanse koalisie aansluit wat lugaanvalle in Sirië uitvoer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.