Sakevertroue sak tot laagste vlak sedert 2011

Deel op

RMB se hoofekonoom, Ettienne le Roux, het aan RSG gesê die bevindinge van hulle jongste sakevertroue-indeks lyk nie gesond nie.

Sakevertroue het in die derde kwartaal van vanjaar tot die laagste vlak sedert 2011 teruggesak.

Volgens die peiling deur die Buro vir Ekonomiese Navorsing word veral die kleinhandel- en groothandelsektore geraak.

Die sakevertroue-indeks het in die derde kwartaal met vyf indekspunte teruggesak tot 38.

Die daling in sakevertroue in die kleinhandelsektor is grootliks te wyte aan ‘n verdere daling in verkope en laer winste.

Indien die indeks tot minder as 30 punte terugsak, kan dit op ‘n dreigende resessie dui.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.