Parlementêre sirkus oor prosedures duur voort

Deel op

Die DA het Julius Malema ondersteun in ‘n voorsetting van die huidige parlementêre sirkus waar landsbestuur vervaag het tot ‘n onbenulligheid omdat partye met mekaar stry oor prosedures.

Malema is vir vyf dae geskors nadat hy geweier het om ‘n opmerking terug te trek dat adjunkpresident Cyril Ramaphosa ‘n moordenaar is.

Die EFF sê die verkeerde Parlementêre reël is toegepas met die verwydering van sy leier. Die DA se hoofsweep, John Steenhuisen, stem saam dat die verkeerde reël gebruik is.

Die party sê die lewens van Parlementslede was nie in gevaar nie, en die werksaamhede van die Raad is nie geraak nie.

Malema het geweier om ‘n opmerking terug te trek dat adjunkpresident Cyril Ramaphosa ‘n moordenaar is, en verantwoordelik is vir die dood van mynwerkers by Marikana in Augustus 2012.

Grace Boroto, raadsvoorsitter, het beslis dat dié uitlatings onparlementêr is en dat die EFF-leier dit moet terugtrek.

Die ANC het in sy reaksie gesê Malema se verwydering uit die Raad was sy verdiende loon.

Die ANC se Parlementêre woordvoerder, Maloto Mothapo, sê ‘n korrekte prosedure bestaan om sulke aantygings by die Parlement in te dien.

Hy sê dit moet by wyse van ‘n mosie plaasvind, met getuienis wat die bewering steun, anders kan mense mekaar links en regs beledig.

Mothapo sê die voorsittende beampte het heeltemaal korrek opgetree deur Malema te laat verwyder.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.