Boshof-plaasaanval: Werkers vrees vir hul lewens

Deel op

Die polisie in die Vrystaat ondersoek ‘n klag van poging tot moord nadat ‘n boer, Douglas Pope, van Boshof gister by sy plaashek by ‘n grondpad vanuit ‘n bewegende motor geskiet is.

Die polisie soek nog na drie swart mans in verband met die voorval.

‘n Plaaswerker wat die afgelope 20-jaar vir Pope werk, Hendrik Seretsi, sê hy het Dinsdagoggend groot geskrik toe sy gewonde werkgewer by die opstal aankom nadat hy ‘n hele ent verder by sy plaas se hek geskiet is.

Seretsi het saam met Pope se seun Douglas gery om Douglas Senior, wat van agter in die regtersy geskiet is, na die Mediclinic Gariep in Kimberley te bring.

Hy sê plaaswerkers en hul gesinne is bekommerd oor die toenemende aanvalle op plase en vrees vir hul veiligheid.

Intussen sê polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, nog niemand is in hegtenis geneem weens die moord op ‘n bejaarde Oos-Vrystaatse plaasbestuurder by Harrismith verlede maand nie.

Robert Rhadebe en sy vrou Martha is op die plaas Silo in hul huis met messe aangeval. Robert is op die toneel dood, terwyl Martha, wat ook steekwonde opgedoen het, hulp by ‘n nabygeleë huis gaan soek het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.