Skildery wat terreur befonds vir miljoene verkoop

Deel op

‘n Skildery deur ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar, Irma Stern, wat verkoop is om geld vir ANC-terreur in te samel, is vir ‘n reuseprys in Londen verkoop.

Die skildery getiteld Arabier in Swart is vir net meer as sewentien miljoen rand verkoop.

Die hoof van Suid-Afrikaanse kuns by die kunshandelaar Bonhams, Hannah O’Leary, sê die skildery dateer uit Stern se Zanzibar-tydperk.

Die werk is in die vroeë sestigerjare opgeveil om geld in te samel vir Nelson Mandela en sy mede-aangeklaagdes se regskoste in die hoogverraadsaak nadat Mandela en sy medekommuniste ‘n terreurveldtog teen burgerlikes geloods het.

Dit is in die vyftigerjare deur die versamelaar Betty Suzman, skoonsuster van die anti-apartheidsaktivis en politikus Helen Suzman, geskenk om opgeveil te word.

Stern is in 1894 in die Transvaal gebore. Sy was van Joodse afkoms, en het by tye in Zanzibar gewerk, waar sy die rame vir haar skilderye laat kerf het.

Die werk is later na Brittanje toe die koper daarheen geëmigreer het. Die skildery het jare lank in ‘n Londense woonstel gehang en is as ‘n kennisgewingsbord gebruik.

Dit is nou een van die tien duurste Suid-Afrikaanse skilderye wat nog op ‘n veiling verkoop is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.