Duitse sakeleiers verwelkom instroming van immigrante

Deel op

Duisende fortuinsoekers stroom elke dag na Duitsland en sakeleiers in Europa se grootste ekonomie wil hulle akkomodeer en aan hulle werksgeleenthede bied.

“As ons hulle gou in die arbeidsmark kan integreer, sal ons nie alleen die vlugtelinge nie, maar ook onsself help,” het die hoof van die magtige BDI-bedryfsfederasie, Ulrich Grillo, vandeesweek gesê.

Vir die talle Arabiere wat vlug van onderdrukking en ekonomiese probleme in hul eie lande en skuiling soek in Europa, is Duitsland hul hoofbestemming.

Europa se topekonomie verwag 800,000 asielsoekers vanjaar, ‘n rekord.

Bo en behalwe die “humanitêre noodsaaklik om beskerming te bied”, sien sakeondernemings toenemend ‘n ekonomiese voordeel in die sogenaamde asielsoekers, veral omdat Duitsland se snelle veroudering van die bevolking en ‘n lae geboortesyfer, sy geskoolde arbeidsmag inhaal.

Op 6,4 persent, is werkloosheid in Duitsland tans op sy laagste vlak sedert eenwording, maar BDI skat die land benodig nog 140,000 ingenieurs, programmeerders en tegnici.

Die sektore gesondheidsorg en ontspanning registreer ook ‘n aanvraag vir gekwalifiseerde werkers. Sowat 40.000 opleidingsgeleenthede oor al die sektore heen sal nie vanjaar gevul word nie.

Voorspellings aangaande die tekort aan gekwalifiseerde werkers sê dit sal styg tot 1,8 miljoen in 2020, en soveel as 3,9 miljoen in 2040, as niks gedoen word nie.

Die instroming van immigrante kan dus die antwoord wees as baie van hulle is jonk en oor “baie goeie kwalifikasies beskik,” het Grillo gesê.

Reeds op ‘n plaaslike vlak, is meer en meer besighede besig om hul deure vir die nuwe aankomelinge oop te gooi, bemoedig deur nuwe inisiatiewe.

In die Augsburg-streek van Beiere in Suid-Duitsland, byvoorbeeld, het die plaaslike sakekamer ‘n “interkulturele adviseur” aangestel, spesifiek om te handel met die kwessie.

En die adviseur het daarin geslaag om 63 jong “vlugtelinge” in ‘n opleidingskema te plaas.

“Dit is vir die regering om op te tree” deur die verligting van die reëls op toegang tot werk, het Alexander Wilhelm, gemoeid met arbeid by die BDI, aan AFP gesê.

Maatskappye wil ‘n waarborg hê dat ‘n vakleerling nie gedeporteer sal word van een dag na die volgende nie, selfs al leer hulle nie Duits nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.