VSA waarsku oor terreuraanval in SA

Deel op

Die waarskuwing deur die Amerikaanse ambassade oor ‘n moontlike terreurbedreiging in Suid-Afrika, “word as ‘n rare veiligheidswaarskuwing in ‘n stabiele demokrasie bestempel”, het RSG berig.

Dit volg nadat die Amerikaanse ambassade in Pretoria*gister ‘n waarskuwing op sy webwerf gerig het aan sy burgers in Suid-Afrika oor ‘n moontlike terreuraanval op Amerikaanse teikens.

Die ambassade sê hy het nie inligting oor spesifieke teikens of tydsberekening nie, maar Amerikaners moet waaksaam wees en voorsorgmaatreëls tref. Sakeondernemings is ook gewaarsku.

Amerika het vroeër bevestig dat hy spesifieke en geloofwaardighede inligting oor die aangeleentheid het. Die Verdedigings- en Sekerheidsontleder, Helmoed Heitman, het vroeër gesê Suid-Afrika is ‘n sagte teiken vir terroriste en hy glo die waarskuwing is geloofwaardig.

Die departement van staatsveiligheid het bevestig dat hulle ondersoek instel na dreigemente dat Amerikaanse regering- en sakebelange in Suid-Afrika bedreig word.

‘n Woordvoerder, Brian Dube sê hulle werk met die wetstoepassingagentskappe en Amerikaanse owerhede saam in die verband.

Die Amerikaanse departement van buitelandse sake het ook die samewerking bevestig.

Die ambassade het vroeër gesê hy het geloofwaardige en spesifieke inligting ontvang dat ekstremiste moontlik Amerikaanse belange in Suid-Afrika teiken.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.