Walglike Franse ‘kunswerk’ loop weer deur

Deel op

Anish Kapoor, ‘n sogenaamde “internasionale kunstenaar”, se “Dirty Corner” (2011-15), ‘n beeldhouwerk in die tuine van Versailles, Frankryk, is met anti-Semitiese slagspreuke getakel. Die woorde in wit verf is Sondag, 6 September, opgemerk.

“Die koningin opgeoffer, twee keer beledig”, “die tweede verkragting van die volk deur afwykende JOODSE aktivisme”, en “Christus is koning in Versailles”, was van die slagspreuke.

President Francois Hollande het die “vandalisme” veroordeel as “haatlik en antisemities” en premier Manuel Valls het gesê hy voel afgryse, en bygevoeg dat die skuldiges baie swaar gestraf sal word.

Die beeldhouwerk staan bekend as die “koningin se vagina”. Die verwers is beskryf as “individue met ultra-konserwatiewe idees”.

Die Guardian het die wit slagspreuke beskryf as ‘n teken van die opkoms van “kulturele fascisme” in Frankryk.

In ‘n eksklusiewe onderhoud met Le Figaro in Frankryk sê die kunstenaar dat hy nie die beeld gaan laat skoonmaak nie. “Dit is ‘n gewelddadige aanval teen die menslike gees en kultuur,” het hy gesê en bygevoeg dat dit so onthou moet word.

Kapoor sê die gees agter die “vandalisme” hou verband met die “verskriklike situasie” van migrante wat tans die EU se grense oorstroom en nie welkom voel nie.

“Dit is wat lei tot die uitsluiting van ons Siriese broers en susters. ‘n Klad op Frankryk vir die daad van haat teen ‘n minderheid!”

In Oktober 2014, het beswaardes ‘n massiewe beeldhouwerk deur die Amerikaanse beeldhouer Paul McCarthy op Parys se Place Vendome afgeblaas. Dit was ‘n beeld van ‘n reusagtige homoseksuele sekspeelding.

McCarthy het toe besluit om self ook die aftog te blaas, wat tot groot tevredenheid onder woedende Parysenaars gelei het.

Die Franse minister van kultuur, Fleur Pellerin, ‘n aangenome Koreaan wat eers Kim Jong-suk geheet het, het die “beskadigde kunswerk” besoek en “die onnoselheid en geweld teen kultuur” met kille oorgawe veroordeel.

Sy is met Laurent Olléon, ‘n Jood, getroud.

Fleur Pellerin
Fleur Pellerin

Sy het die verwers gewaarsku dat hulle vir ten minste tien jaar opgesluit gaan word as hulle gevang word.

In Junie is die beeld met geel verf getakel, maar onmiddellik weer skoongemaak. Die beeld is geskeduleer om tot November die pragtige, geskiedkundige tuine te ontsier.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.