Grootskaalse brandstigting in Marapong by Medupi

Deel op

Chaos het Maandagaand in Marapong naby die Medupi kragstasie in Lephalale uitgebreek, het RSG berig.

‘n Groep swart oproeriges, wat vermoedelik voormalige werkers by die Medupi kragstasie is, het tot grootskaalse brandstigting oorgegaan.

Die oproermakers het sowat 20 busse, ‘n satelliet-polisiestasie en ‘n munisipale kantoor asook ‘n gedeelte van ‘n biblioteek in die Marapong-woongebied by Ellisras (Lephalale) aan die brand gesteek.

Die plundertog het sowat twee ure geduur voordat die groep uiteen gejaag is.

Werkers wat na ‘n staking afgedank is, asook werkers wie se kontrakte nie hernieu is nie, was na bewering betrokke.

Hulle eis dat afgedankte werkers weer aangestel word en kontrakte hernieu word.

Die chaos raak glo nie bedrywighede by die nabygeleë Medupi-kragstasie nie.

Die polisie monitor steeds die situasie in Marapong.

Eskom se woordvoerder, Khulu Phasiwe sê werkers het vanoggend sonder probleme vir diens aangemeld

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.