Onwettige immigrante stroom oor Lesotho-grens

Deel op

Die departement van binnelandse sake in die Vrystaat sê sowat 2,5 miljoen mense het die afgelope vier maande die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho oorgesteek.

Dit is volgens ‘n voorlegging deur die provinsiale bestuurder van die departement, Bonakele Mayekiso, aan die parlementêre portefeuljekomitee oor binnelandse sake.

Hy sê die meeste reisigers en pendelaars – meer as een miljoen – is by die Maserubrug-grenspos aangeteken.

Mayekiso sê die grootste gedeelte van mense wat by grensposte aangedoen het sedert die begin van die nuwe finansiële jaar, is buitelanders.

Hy sê die departement het sowat 2 800 onwettige buitelanders opgespoor en meer as 1 800 is gedeporteer.

Komiteelede het aangedui dat die koste van die deportasie van Lesotho-burgers bereken behoort te word.

Suid-Afrika het intussen ontken dat hy gevra is om van die migrante wat Europoa binnestroom, ook te huisves.

‘n Woordvoerder van die Departement van Binnelandse Sake, Mayihlome Tshwete, sê Suid-Afrika verleen bystand met bydraes aan die VN-agentskappe.

Daar nog geen versoeke van die Europese lande nie, sê Tshwete. THy het bygevoeg dat enige versoeke aan die asiel-wetgewing moet voldoen.

Hy sê Suid-Afrika het reeds die meeste asielsoekers ter wêreld.

Vroeër het Nieu-Seeland aangekondig dat hy 150 vlugtelinge sal aanvaar. Duitsland en Frankryk het gesê hulle sal 55.000 vlugtelinge huisves.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.