Die nuutverkose Universiteit van die Vrystaatse studenteraadspresident, Lindokuhle Ntuli, sê studente word deur taal verdeel.
Hy het sy stem gevoeg by diegene wat glo dat Engels die enigste taal aan dié universiteit behoort te wees en nie beide Afrikaans en Engels, soos tans die geval is nie.
Ntuli sê Engelse studente is in een klas, terwyl Afrikaanse studente in ‘n ander klas is. Dit veroorsaak glo “verdeling” op grond van taal.
As al die klasse in een taal aangebied word, sal daar “eenheid” wees, het hy aan OFM gesê.