Jeugliga-president ‘reg vir oorlog’

Deel op

Die nuutverkose president van die ANC Jeugliga, Collen Maine, sê die liga wil jeugorganisasies regoor die wêreld versterk, veral onder Suid-Afrika se hoofvennote.

Hy het by die Jeugliga se 25ste nasionale kongres in Midrand gepraat.

Maine het gesê die Liga is nou gerees “vir oorlog” nadat hulle doelbewus glo verswak is.

Hy het die ANC-leierskap om verskoning gevra vir die gedrag van vorige Jeugliga leiergroepe, het RSG berig.

Maine sê die liga sal internasionale jeuguitruilprogramme aanmoedig.

Maine het verklaar dat lede van die ANC Jeugliga, wat hof toe is om die kongres te probeer verhoed, nie langer as lede geduld sal word nie.

Lede wat die Liga hof toe geneem het voor sy verkiesingskongres die afgelope naweek, sal dus sonder meer geskors word.

Maine het die aankondiging gedoen tydens die afsluiting van die kongres wat in Midrand gehou is. Maine sê die kongres het die besluit geneem

Vrydag het ‘n aantal van die Liga se lede in Noordwes die hof genader en probeer om die kongres te stop.

Hulle het aangevoer dat daar onreëlmatighede was tydens oudits by takke van die Liga.

Die groep het gesê hulle het alle interne prosesse gevolg en het geen ander keuse gehad as om hof toe te gaan nie.

Maine was verlede jaar in die nuus nadat sy vrou hulle huis se beskadig het omdat sy hom met ‘n ander vrou gevang het. Sy het hom glo aangerand.

Die nuutverkose leier wat Julius Malema se skoene sal moet volstaan, is glo 35 jaar oud, maar wou dit nie aan die Sunday Times bevestig nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.