Man brand in sel dood

Deel op

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek ‘n voorval waarin die 44-jarige Klaas Tieties dood aangetref is in ‘n polisie-aanhoudingsel.

Volgens Opod-woordvoerder, Grace Langa het die voorval Donderdag plaasgevind by die Kenhardt-polisiestasie in die Noord-Kaap.

Tieties is in hegtenis geneem nadat hy op straat gedrink het. Hy is saam met ’n ander man, wat vir dieselfde oortreding gearresteer is, in die sel aangehou.

Langa sê beamptes het tussen 15:00 en 16:00 op sy lyk afgekom. Hy was van sy bo-bene tot sy bolyf verbrand. Langa sê sy liggaam is agter die seldeur aangetref, en was met ‘n kombers bedek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.