China ondersoek binnehandel na aandele daal

Deel op

Reuters berig dat binnehandel op China se aandelebeurs plaasgevind het, nadat die owerhede ondersoek na sekere onreëlmatighede ingestel het.

Die owerhede het onder meer vasgestel dat vals inligting gebruik is om aandelepryse te manipuleer.

Die amptelike nuusagentskap Xinhua berig dat Wang Xiaolu, ’n verslaggewer van die gerespekteerde sakeblad Caijing, erken het dat hy berigte oor die aandelebeurse geskryf het wat tot groot verliese op die beurse gelei het.

Wang se verslae was glo hoofsaaklik op raaiwerk en hoorsê gegrond. Wang is in hegtenis geneem, maar sy werkgewer kon nie sê wat die klagte is nie.

China se aandelebeurse het ‘n insinking beleef sedert middel Junie en met sowat 40% gedaal.

Vier senior bestuurslede van China se grootste aandelemakelaarsonderneming, Citic Securities, het erken dat hulle handel gedryf het met binne-inligting.

Volgens ‘n woordvoerder van Citic is senior bestuurslede van die onderneming ondervra.

Xinhua het ook berig dat Liu Shufan, ’n amptenaar van die aandelebeheerkommissie, erken het dat hy sy posisie en amptelike posisie misbruik het om ’n bepaalde maatskappy se aandeleprys te laat styg in ruil vir vergoeding.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.