Duisende stroom na Oostenryk, Duitsland met #refugeeconvoy

Deel op

‘n Konvooi van sowat 140 motors wat hoofsaaklik deur Duitse en Oostenrykse aktiviste bestuur word, help om vreemdelinge na Duitsland en Oostenryk te vervoer.

Die konvooi het Hongarye binnegegaan om “vlugtelinge” op te laai om hulle te help om in lande te kom waar hulle van staatshulp kan leef.

Duisende fortuinsoekers, die meeste wat aanvanklik weens die konflik uit Sirië “gevlug” het, is Moslemmans.

Byna geen vroue is op pad na Oostenryk en Duitsland sedert Hongarye die beperkings op deurgang Vrydag opgehef het nie.

Die konvooi van linkse aktiviste het uit Wene vertrek om migrante uit Boedapest te gaan haal.

Die konvooi is deel van ‘n private inisiatief, georganiseer deur Oostenrykse en Duitse aktiviste, genaamd “refugeeconvoy”

Een aktivis het aan die BBC gesê die doel is om die immigrante oor die grens na Oostenryk te bring waar hulle gehuisves sal word.

‘n Oostenrykse moeder, Angelika Neuwirth sê: “Ek dink dit is my plig. Ek is ‘n mamma, ek is ‘n vrou van Oostenryk en ek kan my oë nie meer sluit nie. Ons is almal mense. Niemand is onwettig.”

Maar, ‘n Hongaarse polisiebeampte het bevestig dat enigiemand wat migrante oor die grens vervoer, die wet oortree.

Dit is net die nuutste ontwikkeling in die huidige instromingskrisis, wat Europa bring op sy knieë het.

Saterdag, het 10000 migrante per bus, trein en te voet, na die Oostenrykse grens beweeg, na Wene, München en ander Duitse stede.

Daar is egter aanduidings dat Duitsland en Oostenryk strenger immigrasiebeheer kan instel nadat duisende tans vrylik uit Hongarye beweeg.

Die Oostenrykse kanselier, Werner Faymann, het samesprekings tussen Duitse en Oostenrykse amptenare oor die kwessie in die vooruitsig gestel.

Volgens die Britse Uitsaaikorporasie het Faymann aangedui dat meer as twaalfduisend mense gehelp is en dat dit nou tyd is om weer die situasie te “normaliseer”.

Die Duitse ministerie van binnelandse sake het intussen verklaar dat Duitsland se bereidwilligheid om te help nie misbruik moet word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.