Turkse tandartse en die val van Europa

Deel op

In Europa is dinge aan die gons. Seker geen mens gesels nie iewers oor die migrantekrisis wat besig is om Europa te oorspoel nie, en soos die Nasionale Partyregering van oudsher, is Europeers diep verdeeld oor die plan van aanpak. In die oggende voordat ek werk toe gaan het ek ‘n nare gewoonte om net gou na CNN of Al-Jazeera te kyk, en wat my verbaas het – waarskynlik op ‘n ander manier as die meeste lede van die publiek – is die skokkende beeldmateriaal wat hulle tog maar besluit het om uit te saai oor die tragiese lot van Aylan Kurdi, die driejarige peuter wat dood aangespoel het op die Turkse kus. Dit is skokkend omdat ‘n lewe vernietig is onder tragiese omstandighede, maar my verbasing is waarom hierdie beeld uitgehef moet word bo die ander tientalle vlugtelinge wat elke week dood aanspoel iewers in die Middellandse See.

Ek vermoed dat hierdie kind ‘n Hector Petersen in die maak is, verwysend na die skoolkind-martelaar wat in Soweto in 1976 deur ‘n swart polisieagent gedood is en die simbool geword het van die “verdrukking van apartheid”. As Petersen maar net daardie dag besluit het om skool toe te gaan sou ons nooit van hom gehoor het nie. Laat staan nog die sosioloog dr. Melville Edelstein wat op dieselfde dag as Petersen bruut vermoor was deur swartes. Om sy nek het hulle ‘n bord gehang met die woord “Beware” daarop geskryf. Omdat Edelstein ‘n linksgesinde hulpverlener was en nie in die propagandaprentjie pas nie, moet ons maar raai wie hy was. Geen media of gedenksteen verkondig sy verhaal nie.

Soos gewoonlik probeer die hoofstroommedia om op die Europeers se gevoelens te bespeel om meer immigrante toe te laat, met hierdie tragiese dood as propagandaslenter oor die wanhoop waarin die vlutelinge verkeer. Dit is net ironies dat dieselfde media wat die oorlog teen Sirië aan ons verkoop het, nou op ons simpatieë teer om die skerwe op te raap wat hulle self veroorsaak het, so asof dit ons skuld is dat ons nie genoeg doen om hulle ellende op te ruim nie.

Wat die dood van hierdie kind nog tragieser maak is dat hy eintlik onnodig gesterf het. Hy en sy gesin was al drie jaar woonagtig in Turkye gewees toe hulle besluit het om die waagtog na Europa te onderneem. Sy pa was ‘n konstruksiewerker in die ooste van Turkye gewees, maar het besluit om na Europa te vlug omdat hy…sy krom tande wou laat regmaak. Turke is oor die algemeen goeie haarkappers, maar blykbaar geen goeie tandartse nie. Pa het sy hele gesin as gevolg van ‘n kosmetiese behandeling verloor, net hy het dit oorleef. Die feit dat hy sy gesin kon begrawe in hul Siriese tuisdorp laat ‘n mens nog vrae stel oor die ware aard van die konflik in daardie gebied. Net soos Petersen geskiet was deur ‘n swart polisieagent en wit verdrukking hiervoor die skuld gegee word, kan ons ook nou Turkse tandartse verwyt vir die vlugtelingestroom?

Kort daarna het Euronews beelde uitgesaai oor die harde optrede van die Hongaarse polisie, uiteraard bedoel om die regsgesinde president Viktor Orban as ‘n monster voor te stel. Wat Euronews egter versuim het om bekend te maak is hoe hierdie vlugtelinge op Hongaarse treine massaal waterbottels en voedselpakette weggegooi wat die polisie aangedra het, wat verraai dat hulle nie so desperaat is as wat ons veronderstel is om te glo nie.

Heelwat tragieser, en nog minder bekend is dat die Egiptiese vloot swart bootvlugtelinge op volle see bombardeer op pad na Europa toe, maar weereens word die Europeers verwyt dat hulle onopreg of arrogant is as hulle dit durf waag om meer vlugtelinge te weier. Ook het geen enkele Arabiese moontheid vlugtelinge asiel verleen nie, terwyl hulle met hul miljarde petrodollars sekerlik iets kon gedoen het.

Hierdie emosionele pleidooi vir Europeërs het maar een doel, en dit is om Europa te vernietig. Die ekonomie is nou nog steeds baie wankel en al hierdie vlugtelinge gaan net verder druk uitoefen op die Europese welsynstaat. Oor ‘n paar jaar sal hulle waarskynlik ook stemgeregtig word en natuurlik op linkse politieke partye stem wat hulle die son, maan en die sterre belowe het, en sodoende help om Europa volledig ekonomies, kultureel en spiritueel te vernietig.

Maar nog lank voordat dit so ver is, is die vlugtelingestroom ‘n Trojaanse Perd wat benewens die ware vlugtelinge, ook ‘n hele aantal radikale figure gaan toelaat met die doel om die Weste te vernietig. Om die waarheid te sê, begin hierdie vlugtelinge, wat sopas in Duitsland aangeland het, hul gasland te kommandeer oor wat hulle as gewens en ongewens beskou. So word Duitse skoolmeisies in Beiere deesdae verplig om hul skouers en bene te bedek om nie die Siriese vlugtelinge te ontstel nie, terwyl Frau Merkel in dieselfde week ander Eurolande onder druk gesit het om meer vlugtelinge toe te laat. Nog ‘n vreemde verskynsel is dat van die sowat twee duisend vlugtelinge wat onlangs uit die trein gestap het in München, is daar geen enkele vrou of kind te bekenne nie. Blykbaar vlug slegs mans weg uit oorlogsgebiede.

Met al hierdie gegewens in gedagte, is ons met meer vrae as antwoorde gelaat. Sonder om die ware aard van die krisis te geringskat behoort ons af te vra wat werklik hier afspeel.

Die globale elite het waarskynlik hierdie les geleer by Suid-Afrika. Soos die bekende spreuk van Auguste Comte lui is demografie ons noodlot. Die Europeers verwek minder kinders enersyds en laat derduisende nie-integreerbare maar uiters vrugbare minderhede toe in hul eie lande. Oor twee generasies sal Europa onherkenbaar getransformeer wees en sal die daaglikse vernedering van wit Europeers eerder die norm as uitsondering word. Aangesien die Europeer spiritueel breindood is, sal hulle nie besef dat hul eie nihilistiese lewensbeskouing ‘n steen des aanstoots is vir jong gelowiges nie, wat hul radikalisme bloot verder sal bevorder. Die feit dat die vlugtelinge hoofsaaklik jong mans is, gaan Europese vroue ook nie gemaklik stel nie. Soos Swede, sal die verkragtingsyfer ongetwyfeld toeneem in lande wat meer vlugtelinge toelaat.

En terwyl Europa oorspoel word, sit NAVO en oefen in die oostelike Eurolande teen ‘n moontlike Russiese invasie. Bid jou aan as die Christelike Rusland ewe skielik Europa sou binneval! Gelukkig hoef ons nie te vrees nie: Die heldhaftige Nederlanders sal ons beskerm soos wat hulle op die oefenterreine aanlê en “Pang pang!” roep soos ons laas gedoen het toe ons agt jaar oud was en Cowboys en Kroeks gespeel het. Daar is blykbaar geen geld vir koeëls nie maar wel miljarde om asielsoekers binne te laat om Europa verder te vernietig met hul radikale eise.

Die situasie het so kranksinnig geword dat ek dink Otto von Bismarck in sy graf sou gedraai het as hy sien hoe Frau Merkel ‘n bespotting maak van sy edele “Kulturkampf”.

Uiteindelik is dit al wat ons linkse vriende kan vermag. Die hele tyd kla oor die lamlendigheid van ander met die bedoeling om hul eie kultuur daarmee te vernietig sodat niemand meer gehelp kan word nie.

Die konserwatiewe denker Russel Kirk het perfek saamgestel waarom mense verkies om behoudend te wees: “The conservative is concerned, first of all, with the regeneration of the spirit and character—with the perennial problem of the inner order of the soul, the restoration of the ethical understanding, and the religious sanction upon which any life worth living is founded. This is conservatism at the highest.”

Eers as ons hierna kyk besef ons hoe ver Europa homself van die werklikheid vervreem het.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.