EFF gaan Nkandla-saak verder voer

Deel op

Die EFF het die groen lig gekry om die Nkandla-saak verder te voer.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het volgens berigte reeds aangedui dat die grondwethof die EFF se saak op 9 Februarie volgende jaar sal aanhoor.

Die party het verlede maand ‘n aansoek by dié hof ingedien in ‘n poging om president Jacob Zuma te dwing om ‘n deel van die koste van veiligheidsverbeterings by Nkandla te betaal, soos wat die Openbare Beskermer beslis het.

Die sogenaamde “grondwetkenner”, Pierre de Vos, het aan die Namibiese radiostasie, Kosmos, gesê hy verwelkom die EFF se poging.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.