Zuma ontmoet Al-Basjir en Kabila in China

Deel op

President Jacob Zuma is tans in China vir die herdenking van China se oorwinning oor Japan tydens die Tweede Wêreldoorlog.

Afrikaleiers het die 70ste herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog bygewoon wat deur die meeste Westerse staatshoofde vermy is.

Vroeër by dieselfde geleentheid het Zuma samesprekings gevoer met die Soedannese president Omar Al-Basjir.

Zuma het intussen ‘n uitnodiging aanvaar om Soedan te besoek met die oog daarop om betrekkinge tussen die twee lande te versterk.

Suid-Afrika se president het met ook die leier van die Demokratiese Republiek van die Kongo, Joseph Kabila in Beijing vergader.

Zuma en Kabila het die veiligheidsituasie in die mineraalryke oostelike-DRK bespreek.

Suid-Afrika en die DRK werk ook saam aan die implementering van die Groot Inga-verdrag.

Die twee lande het in 2011 ‘n memorandum van verstandhouding oor die Kongorivier-projek onderteken wat sal meebring dat Suid-Afrika hidro-elektriesekrag van die Inga-damopwekkingsaanleg sal kan invoer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.