Zuma, Al-Basjir in China

Deel op

Pres. Omar al-Basjir van Soedan het in China aangeland vir ’n besoek van vier dae.

NUUT!

’n Lasbrief vir inhegtenisneming deur die Internasionale Strafhof uitgereik om die Soedanese president in hegtenis te neem, maar hy beplan glo ook om Amerika vandeesmaand te besoek.

Hy sal in September na New York reis vir die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering, het Soedan se adjunk­ambassadeur by die VN vroeër aangekondig.

Al-Basjir en ander gaste wat pres. Jacob Zuma insluit, is in China om ’n herdenking van die einde van die Tweede Wêreldoorlog by te woon.

Talle Westerse lande sal nie die geleentheid bywoon nie omrede hulle ongemaklik voel met China se militêre vertoon en Al-Basjir se teenwoordigheid, het diplomate aan Reuters gesê.

‘n Groot militêre parade is op Tiananmenplein gehou om China se oorwinning oor Japan te vier.

Al-Basjir het Suid-Afrika in Junie inderhaas verlaat toe hy ’n vergadering van die Afrika-unie bygewoon en die Internasionale Strafhof daarop aangedring het dat hy in hegtenis geneem word, maar China is nie een van die ondertekenaars van die verdrag waardeur die hof tot stand gekom het nie.

Die hof beskuldig Al-Basjir van volksmoord en ander wandade in sy poging om ’n opstand in Darfoer te onderdruk.

Al-Basjir erken nie die Internasionale Strafhof se gesag nie en het ondanks lasbriewe wat in 2009 en 2010 uitgereik is, reise in Afrika en die Midde-Ooste onderneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.