Afriforum wen net twee setels by Tuks

Deel op

Studenteraadsverkiesings by tersiêre instellings het interessante uitslae opgelewer, het RSG berig.

Die DA se studentebeweging, DASO het die SR verkiesing by die Universiteit van Pretoria met vyf setels gewen.

SASCO was tweede met drie setels. Tukkies was vir lank ‘n vesting van Afriforum, maar die organisasie kon net twee setels inpalm.

SASCO het die SR-verkiesing by die Tshwane Universiteit van Tegnologie gewen.

Die verkiesing is gekenmerk deur gevegte tussen SASCO en die EFF.

Die EFF en die ANC se Progressiewe Jeugalliansie het elk ses setels in die Studenteraad op die Mahikeng kampus van die Noordwes Universiteit gewen.

Die presidentskap is deur die EFF ingepalm.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.