Swart onderwysers wil nie sport afrig

Deel op

Die parlementêre portefeuljekomitee oor sport en ontspanning, meen sport in skole moet voortaan verpligtend wees, maar daar is nie swart onderwysers wat “na ure” wil werk nie.

Komiteelid, Strike Relegoma, sê hulle en die departement van basiese onderwys werk hard agter die skerms om sekere sportsoorte verpligtend te maak.

Hy sê die nuwe nasionale skolewet gaan daarvoor voorsiening maak dat elke skool vyf sportdissiplines moet aanbied.

Relegoma sê daar is egter nog verskeie uitstaande kwessies soos swart onderwysers wat weier om in die middag sport af te rig as die skool verdaag het.

Hy het ook gesê vervoerkontrakte wat tans in plek is maak nie voorsiening vir vervoer na skoolure nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.