Dene, Duitsland waarsku dat migrantekrisis kan hande uitruk

Deel op

Sommige Europese regerings weier om migrante in te neem en bied weerstand teen EU-voorstelle om die aankomelinge te huisves.

Die huidige voorstelle behels dat alle lidlande migrante uit Afrika, Asië en die Midde-Ooste moet inneem.

Magneetlande soos Duitsland besef dat afkeur teen immigrasie by kiesers bou en probeer die probleem versprei.

Die Deense sekretaris vir Vlugtelinge, Andreas Kamm, was eers ‘n multikulturalis, maar het dié week gewaarsku dat Europa op Armageddon afstuur.

Die Duitse regering sê hulle sal nie kan voortgaan om die buitensporige toeloop van vlugtelinge te akkomodeer nie.

‘n Duitse regeringswoord­voerder het gesê Duitsland verwag dat die aantal asielsoekers wat reeds die land binnegestroom het, viervoudig tot sowat 800 000 vanjaar gaan toeneem.

Na verwagting kan hierdie getal vanjaar selfs een miljoen haal.

“Duitsland en ’n paar ander lande ontvang verreweg die meeste vlugtelinge,” het Steffen Seibert, ’n woordvoerder van die regering, op ’n mediakonferensie gesê.

“Daar is 28 EU-lidlande en hierdie situasie kan nie voortduur nie. Daar moet ’n regverdiger verspreiding en meer samehorigheid wees.”

Honderde voorvalle van brandstigting by migtantekampe in Italië en Duitsland is reeds aangemeld en meer as 30 polisielede is verlede naweek beseer in oproer in die oostelike stad Heidenau, naby Dresden, toe protes teen so ‘n kamp handuit geruk het.

Opstande in migrantekampe in Frankryk kom gereeld voor, maar linkse Franse leef steeds in ontkenning oor die probleem.

Die mate waartoe linksers is staat is tot selfmisleiding ten spyte van daaglikse harde bewyse dat hulle die inval verkeerd takseer, is legio.

LiveLeak het ‘n video-opname van linkse Franse wat die “verbruikersamelewing” blameer vir hoe sogenaamde “honger vlugtelinge” optree geplaas.

Saterdag het 5 000 linkses deelgeneem aan ’n optog in Dresden om hul steun aan die migrante te betoon, maar Oostenryk het toegangsbeheer by grensposte in die ooste van die land verskerp nadat 71 vlugtelinge verlede week dood in ‘n verlate vragmotor op ‘n hoofweg gevind is.

Die voertuig het deur Hongarye toegang tot die EU verkry.

“Ons sal vir ‘n onbepaalde tyd (strenger) beheermaatreëls by alle belangrike grensposte in die ooste van die land toepas en alle voertuie ondersoek waarin mense moontlik versteek kan word,” het Johanna Mikl-Leitner van die departement van binnelandse sake gister aan ORF-radio gesê.

Oostenryk grens in die ooste aan Hongarye, Slowakye, Slowenië en die Tsjeggiese Republiek.

Die Hongaarse nasionale nuusagentskap MTI het berig oor reuse verkeersopeenhopings van meer as 20km op ‘n hoofweg wat na die grens met Oostenryk lei. Daar was na wat berig word ook ‘n opeenhoping op ‘n sekondêre pad na die grens.

Die polisie het die afgelope drie dae meer as 8 700 migrante wat Hongarye binnegekom het, in hegtenis geneem.

Intussen werk ‘n Amerikaanse hulporganisasie MOAS, onverpoos om vlugtelinge na Italië te bring.

Lees ook hier.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.