Kragkrisis dreig in Zim

Deel op

‘n Kragkrisis dreig in Zimbabwe indien die land se kragverskaffer, die Zimbabwean Power Company (ZPC), voortgaan met sy planne om die hidro-elektriese-aanleg by Kariba af te skakel.

Die ZPC het gewaarsku dat die lae watervlak in die Karibadam die kragverskaffing met bykans 50 persent kan verminder.

Die kragsituasie in Zimbabwe sal na verwagting eers in 2018 verbeter met voltooiing van die nuwe kragstasie wat naby Binga opgerig word.

Dit sal nuwe beleggings striem tesame met die verwagte droogte wat die land se droewe ekonomiese vooruitsigte sal laat voortduur.

Die hoof van die Confederation of Zimbabwe Industries, Busisa Moyo het Vrydag aan African News Agency gesê sakeondernemings sal groot skade ly.

“Ons is besorg omdat die voorstel nie sê wanneer dit kan gebeur nie. Ons nader die feesseisoen wanneer verbruik en produksie op ’n hoogtepunt is. Ons moet beslis die oorblywende klompie werkgeleenthede beskerm.

“As hulle die krag in Januarie en Februarie afskakel, sal dit sin maak omdat dit die tydperk van lae produksie en verbruik is, maar nie in November en Desember nie.”

‘n Paar maande tevore het Afrika se rykste man, Aliko Dangote, aangekondig dat hy beplan om in mynbou- en kragopwekkingsprojekte in Zimbabwe te belê sowel as in ‘n groot sementfabriek.

Dangote het President Robert Mugabe in Harare ontmoet.

Die Nigeriese miljardêr ‘n reeks vergaderings met hooggeplaaste regeringsamptenare gehou: “Ons het reeds besluit om te belê in Zimbabwe. Dit is hoekom ons hier is. Enige land wat jy ons sien besoek beteken, ja, het ons besluit om te belê.”

Dangote het gesê die belegging sal werk skep en “Zimbabwe help om hul eie ekonomie te ontwikkel.”

Dangote gesê sy groep sal ook kragsektor in Zimbabwe verken. Die land genereer tans ongeveer 1,300MW terwyl die vraag in die winter 2,200MW is.

Dit sal klaarblyklik ‘n gesamentlike onderneming tussen Dangote en Blackstone wees.

Die Dangote Groep het belange in sementproduksie in verskeie Afrika-lande.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.