Vermeende skêraanvaller ontwrig hof

Deel op

Die saak teen ‘n swart derdejaar Pukstudent wat tereg staan op ‘n aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer is Maandag in die Potchefstroom Landdroshof tot 30 September uitgestel.

Die verrigtinge is uitgestel nadat die student uit sy beurt begin gepraat het in die hof en luidrugtig beswaar aangeteken het teen die wyse waarop sy saak glo hanteer word.

Hy het onder meer geskree dat die Staat die proses onnodig laat sloer en sy familie in die proses seer maak.

Die swarte sal tot dan in aanhouding bly.

Hy is intussen na die Sterkfontein Hospitaal vir sielkundige evaluasie verwys.

Die 24-jarige Lerato Phoofolo, het vroeëer vandeesmaand ‘n wit student van die Over-de-Voor manskoshuis op kampus met ‘n skêr in die arm, skouer en heup gesteek.

Phoofolo het Hendri Van Dyk na bewering Vrydagoggend omstreeks 07:00 in die koshuis aangeval nadat Van Dyk hom gevra het om sy musiek sagter te sit.

Die polisie en die PUK se beskermingsdienste is na die koshuis ontbied na die aanval waarna Phoofolo in hegtenis geneem is.

Phoofolo is dieselfde dag op borgtog van R1 000 vrygelaat. Deel van sy borgvoorwaardes was dat hy nie die NWU Potchefstroomkampus mag betree nie.

Volgens mnr. Rooies Andrianatos, koshuisvader van Over-de-Voor, het Phoofolo hom twee keer op die 14de gekontak om te sê dat hy sy besittings wil kom haal. Andrianatos het vir hom gesê dat hy met sy prokureur moet reël om dit te doen.

Saterdag 15 Augustus het Phoofolo se broer, Sipho, hom gekontak en gesê dat Phoofolo op pad is koshuis toe, “hy is baie aggressief en onder die invloed van een of ander middel. Ons is baie bekommerd”.

Andrianatos het beskermingsdienste laat weet en Phoofolo is by ‘n ingangshek voorgekeer.

Daar is met Phoofolo gepraat oor die borgvoorwaardes waarna Phoofolo glo gelag het en weer weg is.

Hy het na bewering toe oor ‘n muur gespring en na die koshuis gegaan waar veiligheidspersoneel hom gevang het. Hulle het die polisie laat kom.

Volgens die polisielid wat hom in hegtenis geneem het, het Phoofolo die polisie gedreig en gevloek. Twee bykomende klagtes van intimidasie en onwettige betreding is teen Phoofolo aangebring.

Phoofolo se prokureur, mnr. Lucas Makoro, het geargumenteer dat die staat nie die regte prosedure gevolg het met hul aansoek om Phoofolo se borgtog te kanselleer nie.

Landdros Tebogo Mokgatle het egter in sy uitspraak gesê dat hy in die belang van geregtigheid die staat se aansoek toestaan om die borg te kanselleer.

Volgens Mokgatle het Phoofolo se prokureur op baie tegniese punte beswaar aangeteken, maar nooit die inhoud van die verklarings betwis nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.