Amcu weier om ooreenkoms met myne te teken

Deel op

Amcu weier steeds om die die nuwe ooreekoms tussen arbeid en mynbou te onderteken.

‘n Aantal mynwerkersvakbonde sê egter die jongste ooreenkoms kan werksverliese in die sektor te voorkom, indien die implementering daarvan aan sekere vereistes voldoen.

Die NUM, Solidariteit, UASA en SAMDA het almal die ooreenkoms onderteken.

Die vakbonde het die stappe en verbintenisse deur die regering en mynmaatskappye as positief bestempel.

Daar is Maandag tussen die onderskeie partye ooreengekom om werksverliese weens dalende kommoditeitspryse en stygende koste te beperk.

Amcu het egter sy handtekening weerhou. Die president van die vakbond, Joseph Mathunjwa sê hulle het voorbehoude oor sommige dele van die ooreenkoms.

Intussen het ArcelorMittal Suid-Afrika aangekondig dat hy binnekort met oorlegpleging sal begin in verband met die moontlike sluiting van sy werksaamhede in Gauteng.

Die maatskappy sê dit kan sowat 400 werknemers in Vanderbijlpark en Vereeniging raak.

Die bestuurshoof van ArcelorMittal, Paul O’Flaherty sê die regering word tans geraadpleeg oor beskerming teen Chinese mededinging.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.