EU beplan krisisberaad om migrante weg te wys

Deel op

Europese Unie se (EU) binneland ministers sal op 14 September ‘n krisisberaad hou wat gemik is op die huidige migrasieprobleem wat hande uitgeruk het, het die EU se roterende presidentska Sondag aangekondig.

Europa sukkel met die grootste vloei van immigrante sedert die Tweede Wêreldoorlog.

Die Britse sekretaris van Binnelandse Sake, Teresa May sê die beginsel van vrye beweging in Europa moet strenger beheer word.

Die ministers het in ‘n gesamentlike verklaring gesê die Europese Unie moet ‘n lys saamstel van lande wat as veilig geag word, sodat migrante teruggestuur kan word.

Baie van die sogenaamde “vlugtelinge” kom nie uit oorloggeteisterde lande soos Sirië en Afghanistan nie.

Die ministers van binnelandse sake van Frankryk, Duitsland en Brittanje het intussen gevra dat onvangsentrums in Griekeland en Italië op die been gebring word om immigrante se vingerafdrukke en ander dokumentasie na te gaan sodra hulle in Europa aankom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.