Woolworths wen voedselinflasie

Deel op

Woolworths dui nie aan met hoeveel pryse gestyg het op hulle produkte nie en dit is dus moeilik om te bepaal of klereverkope of ‘n toename in kospryse tot hul goeie winste bygedra het.

Die verkope van kos het met 13,5% gestyg te midde van ‘n gemiddelde prysverhoging van 7,7% nadat groter winkels geopen is wat meer voorraad hou.

Dié prysstyging is hoër as die verbruikersprysinflasie vir die land.

In ‘n aanbieding aan beleggers het die kettingwinkelgroep gesê pryse sal ook met ’n enkelsyferpersentasie in die komende tydperk styg.

Vir die komende tydperk gaan sy kosinflasie steeds “bo verbruikersprysinflasie wees weens die mengsel van produkte wat verkoop word, asook die droogte en druk op invoerkoste” weens die swak rand.

Woolworths sê die ekonomiese toestande in Suid-Afrika verkeer onder druk, maar ryk kliënte wat by Woolworths koop is klaarblyklik teen die sulke werklikhede bestand.

Die groep se bedryfswins het met 42% tot R5,5 miljard gestyg na die verkrying van die Australiese aankoop, te wete David Jones.

Die groep se wins vir die jaar was 4,3% hoër op R3,1 miljard.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.