‘n Man in sy dertigs is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal nadat hy twee keer in die bors geskiet is op die N-1 hoofweg naby die Allendale-afrit in Midrand.
Die ligte motorvoertuig waarin die slagoffer gereis het, was geparkeer teen die kant van die padversperring.
Die enigste insittende het buite langs sy voertuig gesit, het ‘n woordvoerder van ER24, Russel Meiring, gesê.
Meiring sê dit is hoe paramedici die gewonde man aangetref het toe hulle by die toneel opgedaag het. Geen verdere besonderhede oor die man is bekend nie.
Hy is op die toneel gestabiliseer en hospitaal toe geneem. Die polisie ondersoek die voorval.