Marteling in SA deur polisie laat menseregte-organisasies koud

Deel op

Geen internasionale menseregte-organisasie het eens kennis geneem van tien Suid-Afrikaanse polisiebeamptes wat van moord en marteling aangekla word nie, ten spyte daarvan dat sulke organisasies oorverteenwoordig is in die land.

Die tien is borgtog in die Tembisa-landdroshof aan die Oos-Rand geweier.

Hulle het ‘n 37-jarige man verlede jaar in Ivory Park in hegtenis geneem en hom na bewering onderweg na die polisiekantoor gemartel.

Die polisielede is Donderdag in hegtenis geneem. Die Onafhanklike Polisie Ondersoekdirektoraat ondersoek die saak.

Dit volg kort nadat die Hooggeregshof in Pretoria agt oudpolisiemanne skuldig bevind het aan die moord op die taxibestuurder, Mido Macia.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.