Koekemoer-moord: Verdagte verskyn

Deel op

Die swartman wat verdink word van die moord op en verkragting van die 15-jarige Noeline Koekemoer van Bainsvlei, verskyn na verwagting vandag in die Bloemfontein-landdroshof.

Koekemoer se ma, Natasha, het op 7 April op haar bebloede lyk in hul woonstel op ‘n hoewe in Bainsvlei afgekom.

Die aangeklaagde, in sy dertigs, is vantevore in Delportshoop in die Noord-Kaap aan gewapende roof skuldig bevind en ‘n vonnis van 12 jaar opgelê.

Hy is in Maart 2013 op parool vrygelaat, maar sal egter nou die res van sy vonnis in die Grootvlei-gevangenis buite Bloemfontein uitdien. Hy het ook ‘n saak van huisbraak hangende teen hom.

Die aangeklaagde se naam kan eers bekend gemaak word wanneer hy op die aanklagte, wat ook huisbraak en diefstal insluit, pleit.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.