Spanning tussen Koreas ontlont

Deel op

Noord- en Suid-Korea het vandeesweek ooreengekom om die onlangse spanning op die Koreaanse skier­eiland te ontlont ná insidente by die grens.

Albei lande se weermagte was op ’n gereedheidsgrondslag geplaas nadat verlede Donderdag se oor-en-weer skietery.

Die krisis het Donderdag breekpunt bereik nadat Noord-Korea vier grofgeskutrondes op Suid-Korea afgevuur het. Die Suide het die grofgeskut met 29 rondes beantwoord.

Propaganda-uitsendings deur Suid-Korea is ná 11 jaar hervat nadat ‘n landmynontploffing in die gedemilitariseerde sone tussen die twee landes Suid-Koreaanse soldate beseer het.

Die uitsendings het enkele dae ná die ontploffings begin. Propaganda en harde popmusiek is oor luidsprekers in die rigting van die Noorde uitgesaai.

Volgens die Suid-Koreaanse nuusagentskap Yonhap kon die Noorde en Suide Maandag ‘n ooreenkoms bereik na onderhandelinge wat sedert Saterdag duur.

Volgens die ooreenkoms sal Noord-Korea om verskoning vra vir die landmynontploffings en Suid-Korea sal die propaganda-uitsendings staak.

Die twee Koreas verkeer tegnies steeds in ’n staat van oorlog sedert die Koreaanse Oorlog in 1953 met ’n wapenstilstand geëindig het.

Die twee lande het nooit ‘n vredesverdrag onderteken nie.

Noord-Korea dreig egter voortdurend met militêre optrede in reaksie op die jaarlikse weermagoefeninge tussen die VSA en Suid-Korea.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.