Prasa ‘stel teleur’ sê OB

Deel op

Die openbare beskermer sê die voormalige hoof uitvoerende beampte van Prasa se onlangse optrede en uitsprake oor haar verslag het haar verras en teleurgestel.

Thuli Madonsela het haar verslag oor die spooragentskap vroeër vandeesweek vrygestel waarin Lucky Montana keer op keer uitgewys word as die persoon wat toegelaat het dat wanadministrasie van honderde miljoene rand plaasvind.

Madonsela sê Montana het die voorlopige verslag onder oë gehad en was oor die algemeen heel tevrede met haar bevindings. Hy het egter nou sy deuntjie verander.

Montana het Dinsdag gesê hy gaan die OB se bevindings in die hof beveg. Prasa het hom verlede maand die trekpas gegee.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.