Ramaphosa vol vertroue dat Chinese ekonomie sal herstel

Deel op

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa sê hy is vol vertroue dat China se ekonomie van sy huidige insinking sal herstel.

China is die grootste verbruiker van grondstowwe en kommoditeite en Suid-Afrika se grootste enkele handelsvennoot maar ‘n verlangsaming in die Chinese ekonomie kan daartoe lei dat minder grondstowwe uit Suid-Afrika ingevoer word.

Chinese aandele het verder teruggesak ten spyte van die sentrale bank se jongste pogings om beleggers te paai.

Die verliese en onstuimigheid op wêreldmarkte, gedryf deur paniek-verkope het die afgelope paar dae tot ‘n skerp daling in die rand en ander ontluikende geldeenhede gelei.

Ramaphosa sê die Chinese ekonomie word grootliks deur die regering bestuur en alle nodige stappe word gedoen om dit te stabiliseer.

Hy sê hoewel die Suid-Afrikaanse ekonomie ook nou ly, sal dit weer herstel en verbeter soos in die verlede.

Ramaphosa was vroeër uitgesonder vir kritiek omdat hy ‘n vliegtuig van die Gupta-familie gebruik het vir sy amptelike besoek aan Japan.

Die adjunkpresident wou glo Suid-Afrika as beleggingsbestemming bemark met ‘n hoëvlak afvaardiging van sakelui en ministers na Japan.

Volgens die berigte het die departement die Bombardier Aerospace-straler wat aan die Gupta-familie en president Jacob Zuma se seun, Duduzane behoort, vir die besoek gehuur.

Opposisiepartye wil die minister van finansies oor die aangeleentheid nader.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.