Polisiebrutaliteit skok wit Suid-Afrikaners opnuut

Deel op

Die minister van Polisie, Nathi Nhleko het onthul dat meer as eenduisend-eenhonderd polisielede tussen April en Junie vanjaar alleen, van wangedrag aangekla is, het RSG berig.

Dit is gemiddeld 350 polisielede per maand wat aangekla is. Die minister het die inligting in ‘n geskrewe reaksie op ‘n parlementêre vraag bekendgemaak.

Nhleko sê die polisiediens probeer om die tugverhore binne die voorgeskrewe twee maande af te handel.

Hy sê bykans 140 van die sake is nog nie afgehandel nie vanweê die komplekse aard daarvan en getuies wat nie beskikbaar is nie.

Dié onthulling is gemaak te midde van skerp reaksie op ‘n internet-video oor vermeende polisiewreedheid teen wit mans by die Douglasdale-polisiestasie in Johannesburg.

Die getuienis van hernude polisiebrutaliteit, is verfilm toe ‘n wit man, ene Anton, die swart polisiebeamptes gesmeek het om nie sy vriend Shane verdere kwaad aan te doen nie.

Shane is bewusteloos gelaat toe die swart polisiebeampte hom om die keel beetgekry het en verwurg het. Tonele van Shane se slap, klaarblyklik lewelose liggaam het kykers geskok.

Die voorval het verlede week plaasgevind in Fourways en volg kort na ‘n vroeëre voorval van ‘n woede-uitbarsting deur die SAPD in die Edenvale area.

Die video is byna 100 000 keer reeds op YouTube in die afgelope 24 uur gekyk.

Die bewerings word deur die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat ondersoek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.