R115 by Brits weer oop na oproer

Deel op

Die R511 naby Brits in Noordwes het heropen vir verkeer na gewelddadige oproer.

Die oproer is glo teen misdaad in die streek. Die inwoners van twee plakkersgebiede, sowel as dié van lokasies by die Hartebeespoortdamgebied, versper sedert Sondag paaie.

Sowat 20 betogers is reeds in hegtenis geneem.

Die ANC se taksekretaris in die gebied, Victor Mathedimusa sê misdadigers terroriseer die gemeenskappe en die polisie doen nie genoeg om die probleem op te los nie.

Inwoners van die plakkersgemeenskappe Mothutlung en Letlhabile en plakkersgebiede by die dam het die pad met brandende bande onbegaanbaar gemaak.

Polisiewoordvoerder Sabata Mokgwabone het bevestig dat betogers in hegtenis geneem is en Donderdag in die Hartebeespoortdam-landdroshof sal verskyn.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.