Wit fotograaf beseer in TUT-onluste

Deel op

‘n Wit vrouefotograaf is beseer toe sy deur ‘n klipgooier aangeval is tydens geweld wat Woensdag by die Tshwane universiteit van Tegnologie (TUT) in Pretoria uitgebreek het.

Christine Vermooten, ‘n fotograaf by die Citizen, is glo deur swart oproermakers met klippe beseer en na die hospitaal gehaas. Volgens onbevestigde berigte is haar enkel gebreek.

‘n Aantal swart studente is ook in skermutselings tussen twee swart groepe beseer. Die geweld het uitgebreek tydens ‘n besoek van die leier van die EFF, Julius Malema aan die TUT.

Skermutselings tussen lede van SASCO en die ANC Jeugliga aan die een kant en EFF-lede wat na Malema geluister het, het buite beheer geraak toe albei kante mekaar met klippe begin bestook het.

Malema het studente Woensdag toegespreek voor Donderdag se studenteraad-verkiesing. Hy is egter onderbreek deur SASCO-ondersteuners.

“Vegters, val aan, val aan!,” het die EFF-leier sy ondersteuners aangemoedig teen SASCO. Malema het by die kampus opgetree om EFF-ondersteuners te motiveer om deel te neem in die verkiesings SASCO uit te stem.

Terwyl hy besig was met sy impromptu-toespraak, het ‘n groep SASCO-lede opgeruk na die stadion terwyl hulle anti-Malema liedjies gesing het.

Selfs voor Malema opgedaag het, het vuisgevegte tussen strydende groepe uitgebreek.

Die polisie moes uiteindelik die strydendes met traanrook verwilder.

Ná die chaos by die TUT-hoofkampus, is Malema na twee ander universiteitskampusse in Ga-Rankuwa en Soshanguve waar hy ook studente toegespreek het, blykbaar ook sonder die nodige toestemming.

Die EFF het Woensdag voorts ‘n mosie sonder kennisgewing ingedien by dien Parlement. Die party se hoofsweep, Floyd Shivambu is daarna gevra om die parlement te verlaat.

Dit is die eerste keer dat ‘n parlementslid gevra is om die vergadering te verlaat sedert nuwe tussentydse maatreëls in werking gestel is. Volgens die reëls kan ‘n lid verwyder word as hy of sy verrigtinge ontwrig.

Shivambu het geweier om ‘n vorige opdrag uit te voer om die parlement te verlaat nadat die mosie buite orde verklaar is.

Al die party se verteenwoordigers het die parlement verlaat voordat Shivambu verwyder kon word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.