Swartman skiet twee wit joernaliste ‘oor kerkslagting’

Deel op

Die swart man wat ‘n TV-joernalis en kameraman in Virginia doodgeskiet het, Vester Flanagan, is in ‘n hospitaal aan ‘n skietwond oorlede.

Flanagan, geklee is swart, het twee wit joernaliste, Alison Parker en Adam Ward tydens ‘n regstreekse televisie-onderhoud geskiet.

Die moordenaar, ook bekend as Bryce Williams, het ‘n geskiedenis van dreigemente van geweld teen sy mede-werkers, alhoewel hy dan voorgegee het dat hy die slagoffer van “rassisme” was.

Vester Lee Flanagan sê in ‘n selfmoordbrief dat Junie se slagting van swart gemeentelede by ‘n kerk in Suid-Carolina die “kantelpunt” was wat hom gestuur het om twee wit joernaliste Woensdag op televisie te gaan vermoor.

Maar in hofstukke en onderhoude met The Daily Beast, het voormalige kollegas hom beskryf as ‘n problematiese werknemer wat herhaaldelik tereggewys is vir sy harde behandeling van kollegas en sy slordige werk.

Hulle sê sy klagtes oor rassisme was om die werklike evaluering van sy werk te verbloem.

“Hy het net ‘n geskiedenis van die rassekaart speel,” het die voormalige WTWC-anker Dave Leval aan The Daily Beast gesê. “Ek weet hy het dit in Tallahassee ‘n paar keer gedoen….”

Die dag toe Flanagan afgedank is by ‘n TV-stasie in Virginia in 2013, moes sy base die polisie laat kom as gevolg van sy gewelddadige gedrag.

Dié voorval is op kamera vasgelê deur Adam Ward, die man wat Woensdag een van sy slagoffers sou word.

Voordat Ward Woensdag dood is, het hy sy kamera ‘n laaste keer gelig om ‘n duidelike skoot van sy moordenaar te kry.

Die Amerikaanse polisie sê Flanagan het homself gewond na ‘n jaagtog op ‘n snelweg en is onder bewaking in die hospitaal oorlede.

Die gas met wie die onderhoud gevoer is, is in die rug geskiet en na die hospitaal gehaas.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.