Burundi se veiligheidsmagte het ysterstawe en suur gebruik om skulderkennings uit lede van die opposisie te dwing.
Dit was tydens pres. Pierre Nkurunziza se geslaagde aanslag op ’n derde termyn as staatshoof, het Amnestie Internasionaal Dinsdag verklaar.
Getuienis wat deur Amnestie Internasionaal ingesamel is en in ’n verslag vervat is, beskuldig die polisie asook die nasionale intelligensiediens van marteling sedert April vanjaar.
Mense wat daarvan verdink is dat hulle deelgeneem het aan betogings teen Nkurunziza se omstrede herverkiesing, was glo die slagoffers.
Die polisie het elektriese kabels en knuppels gebruik en die nasionale intelligensiediens ysterstawe.
Aangehoudenes se koppe is ook onder vuil water gedruk, lui die verslag onder die opskrif: “Sê my net wat ek moet bely”.
Gegewe die onlangse, bloedige geskiedenis van etniese konflik in Burundi se burgeroorlog asook in die naburige Rwanda, groei vrese van etniese konflik tussen die Hoetoes en Toetsies. Pres. Nkurunziza is ‘n Hoetoe.
In die Veiligheidsraad van die VN, is Frankryk se verklaring oor die aangeleentheid in ooreenstemming met die gees van die Arusha-ooreenkoms wat die burgeroorlog beëindig het, afgeskiet.
Beide Rusland en China het die verklaring geveto.