ISIS-bom dood Egiptiese polisie

Deel op

‘n Bom het Dinsdag ‘n bus getref wat Egiptiese polisiemanne vervoer het. Een polisieman is dood en 29 ander is in die voorval gewond, het AFP berig.

Veiligheidsmagte in Egipte word toenemend deur jihadiste van die Islamitiese Staat-groep (ISIS) geteiken.

Die aanval het in die Nyldeltaprovinsie, Baheira, ongeveer 260 kilometer noord van Kaïro, plaasgevind toe die polisiemanne onderweg was werk toe.

Jihadiste van Egipte se ISIS-filiaal voer sedert die val van oudpres. Mohammed Morsi in 2013, gereeld aanvalle uit, die meeste hiervan in die Sinai-skiereiland.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.