Etnisiteit, ras en mag

Deel op

ImageDis seker ’n gemeenplaas om te sê dat die bepalende faktor in die Suid-Afrikaanse politiek etnisiteit en veral ras is. Die ANC het die begrip “reënboognasie” gemunt, juis om sy naakte rassepolitiek te verdoesel en daarom het dit geen inhoud nie.

Histories het byna alle politieke konflik, mededinging en spanning in die land na gelang van etniese en taalverdelings verloop. Die belangrikste hiervan was natuurlik die Boer-Britstryd. Hoewel buitelandse ontleders die apartheidsproblematiek in rasseterme ontleed het, het ras eintlik eers ná 1994 met die ANC-oorname ’n sterk faktor geword.

Deel op

Terwyl die ANC hom dikwels beroep op die stelling in sy Vryheidsmanifes, “Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon”, bedoel hy dit nie ernstig nie. Mbeki het al by meer as een geleentheid gesê dat blankes nie as Afrikane en as inheems beskou word nie en daarom net deur die rassemeerderheid verdra word as “setlaars wat (nog) nie vertrek het nie” – om sy beroemde dictum te herhaal.

Enersyds verkeer die ANC-bewind en ’n groot deel van die swart elite, wat ironies genoeg deur apartheid se goeie onderwysstelsels geskep is, onder invloed van die wêreldwye swart nasionalisme wat in die twintigste eeu na vore gekom het. Andersyds word die regime gedwing om weens sy interne etniese verdeeldheid tussen Xhosa, Zoeloe, Tswana, Sotho en die res, naarstig na ’n gemene deler te soek om hierdie mengelmoes van identiteite aanmekaar te hou.

Veral ná 1989 en die ineenstorting van die Berlynse muur, het die groot ideologiese “metaverhale” soos veral kommunisme, hul aantrekkingskrag verloor. In Suid-Afrika was die appèl van kommunisme en ’n werkerskultuur nog nooit sterk nie, behalwe onder Engelse intellektuele wat per defnisie nie self werkers is nie. Hierdie afwesigheid van ideologie dra verder by tot die versterking van die ANC se rasse- en “Afrika”-bewussyn.

Die Afrikaanse perswese, hoewel winsgewend, is vanuit ’n politieke oogpunt beskou vandag die swakste in die geskiedenis. In die blaaie van Rapport, Beeld en Die Burger word geen samehangende ontleding van ons politieke probleme aangebied nie. Trouens, in vele opsigte tree die Afrikaanse koerante as mondstukke vir die regime op deur, net soos die SAUK, aan ons presies te vertel “wat ons moet hoor”. In ’n neutedop: ons moet skuldig voel oor “die verlede”; ons moet verlief neem met rasse- en taaldiskriminasie; die woord “Afrikaner” is taboe en moet deur die onsinnige “Afrikaanse” vervang word.

Bowenal word Nasionale Pers gemotiveer deur ’n soort nuwe Boerehaat: die Afrikaner se nasionale bewussyn, kultuur en identiteit moet vernietig word en vervang word deur ’n “reënboognasiekultuur”. Hy moet Afrikaans praat met Engelse woorde tussenin, liefs met bruines of swartes ondertrou en Mandela eerder as God aanbid. Van die meningsvormers in die Nasperskoerante soos Max du Preez, Deon Maas, Koos Kombuis, Hein Willemse, Jakes Gerwel en ander is openlike Boerehaters wat ons sover moontlik probeer verguis en belaglik maak met as einddoel die vernietiging van die Afrikaner in ’n soort “finale oplossing” waar ons as nasie en as volksgroep in dié land moet verdwyn.

Waarom haat die grootbase van Nasionale Pers, Ton Vosloo en Koos Bekker, wat juis ryk word uit ons, die gewone Afrikaners, ons so? Niemand het nog mooi hieroor gedink nie, maar ons weet dat Nasionale Pers tans onder Engelse en selfs Britse invloed verkeer en die hele Britse en in ’n mindere mate Amerikaanse wêreldbeskouing sy eie gemaak het. Ook word die bestuur van Nasionale Pers geheel en al deur geld gemotiveer. Die feit dat daar vandag Afrikaners is wat weens die ANC se geïnstitusionaliseerde rassisme motors in parkeerruimtes oppas, dat daar van ons kinders is wat honger gaan slaap, dat ons mense op plase en stede uitgemoor word en selfs doodgemartel word, dat ons dikwels in die werkplek verbied word om ons taal te praat, ontlok nie die geringste emosie by die geldbaronne te Heerengracht 40, Kaapstad nie.

In hul verhouding met die ANC-bewind, verteenwoordig hul eie mense, die Afrikaners, merendeels ’n struikelblok en ’n verleentheid vir hulle. Daarom is hulle besig om met die Afrikaner se vyande saam te span om ons eers van alle mag en invloed te stroop en dan by die res van die sogenaamde “Suid-Afrikaanse nasie” te integreer, met geweld as dit moet. Hulle het die boodskap goed verstaan dat die Afrikaner in Suid-Afrika moet verdwyn en het hierdie fanatiese strewe na kultuur- en volksmoord hul eie gemaak.

Terwyl die ANC alles in sy vermoë doen om sy eie ondersteuners op grond van Afrosentrisme en swart rasse-ideologie te mobiliseer, word die boodskap aan die Afrikaner oorgedra dat hy “bloot individu” is en boonop ’n Engelse individu wie se moedertaal geen status meer het of behoort te hê nie.

Soos wat die ANC se interne etniese verdeeldheid styg, sal hy toenemend die klem op swart rassesolidariteit plaas en sal die vinger insgelyks na die Afrikaner gewys word, as “die ander” en die oorsaak van al Suid-Afrika se probleme. Ons is reeds die teiken van etniese geweld deur die ander groepe in die land, ’n situasie wat in die toekoms net kan vererger.

Wie dus die belang van etnisiteit in die Suid-Afrikaanse politiek miskyk, is óf ’n betaalde Britse agent óf ’n propagandis van Naspers, of albei. Die vraag is nou: hoe ontkom ons aan die drukgang na ons eie ondergang waarin ons geplaas is?

In die eerste plaas moet ons veg om ons interne binding en identiteit te behou, dit wat die ANC en sy propaganda-afdeling in die vorm van die SAUK en die Naspers-koerante so graag wil afbreek. Hulle het reeds ’n vername neerlaag gely toe die De la Rey-lied so gewild onder Afrikaners geword het.

Ten tweede, moet ons ook die ANC se swart rassebewussyn teenwerk en poog om alliansies aan te gaan met swart groepe wat nie heeltemal in die anti-wit haat en Boerehaat van die ANC-hoofstroom verval het nie.

Ons eie mense sal egter oorreed moet word om saam te staan, ongeag alle pogings om ons te verdeel en ook die lamsakkige sogenaamde Afrikanerleiers wat in die verlede deel van die Broederbond se baantjies-vir-boetieskultuur was en wat ons nou steeds op ’n dwaalspoor wil hou. Die onvermoë van Afrikanerorganisasies om met mekaar saam te werk, is geen genetiese defek onder ons mense soos daar so dikwels aan ons voorgehou word nie, maar die resultaat van die kleinlike ambisies en ego’s van mense wat nie kan sien dat dit drie minute voor twaalf vir ons volk is nie.

Die Afrikaner kan binne enkele jare weer die land tot almal se voordeel regeer indien hy ’n behoorlike ontleding van die etniese faktor gaan maak. Net die verraaiers in eie geledere weerhou ons daarvan om tot die nodige begrip en optrede te kom.

игрі для дивчатпрокурор Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.