Ligte vliegtuig stort suid van Durban neer

Deel op

Die ligte vliegtuig wat suid van Durban neergestort het, het vermoedelik in kragdrade vasgevlieg.

Die vliegtuigongeluk het Dinsdag by Winkelspruit in KwaZulu-Natal plaasgevind nadat die vliegtuig waarskynlik enjinprobleme ondervind het.

Twee mense is in die ongeluk dood.

‘n Polisiewoordvoerder, Thulani Zwane sê die vliegtuig het in kragdrade vasgevlieg voordat hy naby die N2 Noord neergestort en aan die brand geslaan het.

Zwane sê die ondersoek na die ongeluk duur voort.

Die wrakstukke van die klein wit vliegtuig kon gesien word aan die onderkant van ‘n suikerrietveld, byna heeltemal uitgebrand.

Die vliegtuig was van die vlugskool van Durban Aviation Centre.

Nadat die vlug enjinmoeilikheid ondervind het, het die vlieënier in ‘n kraglyn vasgevlieg om te probeer land op ‘n nabygeleë snelweg, sê ooggetuies.

Een kraglyn was sigbaar gebreek, wat in pas is met die aanvanklike ooggetuieverslae.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.