Kebble se pa dood aangetref met kop-skietwond

Deel op

Roger Kebble, die vader van die vermoorde mynmagnaat Brett Kebble, is dood aangetref in Kaapstad met ‘n koeëlwond in die kop, het ANA berig.

Die Wes-Kaapse polisie het bevestig dat die liggaam van ‘n man in sy motor in Bishopscourt gevind is.

“Hierdie kantoor kan bevestig dat vanmiddag op 25 Augustus 2015, ‘n liggaam van ‘n 76-jarige man gevind is deur die polisie in ‘n voertuig met ‘n skietwond aan sy kop op die hoeke van Montery- en Bo-Bebbintoweg in Bishopscourt,” het polisiewoordvoerder Noloyisa Rwexana gesê.

Die polisie wou eers nie bevestig dat dit Kebble is nie. ‘n Geregtelike doodsondersoek sal volg, maar niemand is nog in hegtenis geneem op hierdie stadium nie.

Brett Kebble, sy seun, is doodgeskiet in Johannesburg in September 2005. Die hof het daarna beslis dat dit ‘n “geassisteerde selfmoord deur drie selferkende aanvallers” was.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.