Polisiebeamptes wat Masbieker sleep skuldig aan moord

Deel op

Die vonnisoplegging van agt voormalige polisiebeamptes wat skuldig bevind is in verband met die moord op die Mosambiekse taxi-bestuurder Mido Macia, is tot 22 September uitgestel.

Al agt is Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind, het RSG berig.

Macia is in 2013 in Daveyton aan die Oosrand agter ‘n polisievoertuig aangesleep. Hy is later in die polisieselle dood.

Regter Bert Bam het van die beskuldigdes se getuienis dat hulle deur Macia aangerand is voor sy inhegtenisneming, verwerp.

Intussen het Macia se familie en die Nasionale Vervolgingsgesag die uitspraak verwelkom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.