`n Safari-gids is dood in die Hwange Nasionale Park nadat `n leeu hom verskeur het.
Volgens amptenare is die 40-jarige Quinn Swales in die Zimbabwiese park doodgebyt.
Die insident het in dieselfde park gebeur waar die leeu Cecil verlede maand deur `n Amerikaanse boogjagter, Walter Palmer, doodgeskiet is.
Swales het `n fotografiegroep gelei toe die leeu onverwags gestorm het.
Cecil se dood is vroeër internasionaal veroordeel en het vrae oor trofeejag in Afrika laat opvlam.
Hwange het in ‘n verklaring gesê dat die aanval Maandagoggend plaasgevind het.
Swales is glo deur ‘n leeumannetjie aangeval en het van sy beserings beswyk.
Die gids se laaste inskrywing op Facebook was ‘n foto van ‘n kraagmanntejie, klaarblyklik dié van Cecil.