Weerdiens waarsku dat klimaatsverandering kom

Deel op

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het bekend gemaak dat meer negatiewe uitwerkings van klimaatsverandering in die land gaan voorkom, veral in Mpumalanga en Limpopo.

Dit het aan die lig gekom by ‘n klimaatsverandering-konferensie in Mbombela. Die konferensie is georganiseer deur die Departement van Omgewingsake, die provinsiale departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Grondadministrasie.

Dit is deel van die komende Verenigde Nasies Klimaatsverandering-konferensie in Parys, Frankryk, later vanjaar, het RSG berig.

‘n Weervoorspeller, Rudzani Malala sê uiterste weerstoestande word voorspel in die oostelike dele van die land.

Dit sluit in onder meer hittegolwe en die groter intensiteit van tropiese siklone. Malala sê die situasie gaan nie verbeter, indien die kwessie nie dringend aandag kry nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.