Byna 200 000 Zimbabwiese verblyfaansoeke goedgekeur

Deel op

Die Suid-Afrikaanse regering het Dinsdag gesê hulle sal die uitreiking van werk- en studiepermitte vir 200.000 Zimbabwiërs wat aansoek gedoen het om verblyf teen die einde van volgende maand voltooi.

Die Minister van Binnelandse Sake Malusi Gigaba het Maandag gesê 99,7 persent (197.303) van die byna 200.000 aansoeke is binne die eerste ses maande van die projek deurgewerk.

Gigaba het gesê 185.075 van die aansoeke ingedien, is reeds goedgekeur het die Chronicle berig.

Die afsnydatum vir die ontvangs van aansoeke was Desember 2014. Aansoeke is beoordeel deur die departement, met 31 Julie 2015 wat as sperdatum vir departementele beoordeling en verwerking gestel is.

Gigaba het gesê die aansoeke wat afgekeur is, is weens klein administratiewe oorwegings soos onvoltooide vorms en ontbrekende dokumente.

Die departement het benadruk dat alle Zimbabwiese burgers welkom in Suid-Afrika sal wees met die nodige dokumentasie.

Hy het ook ‘n beroep op Zimbabwiërs gedoen wat versuim het om permitte vir hul verblyf te regulariseer, om dadelik hul papierwerk deur die normale kanale in orde te kry.

“Wanneer die proses voltooi is, word diegene met afgekeurde permitte onwettige immigrante. Dit is belangrik vir hulle om hul verblyf te wettig en sulke onnodige situasies te vermy,” het Gigaba gesê.

Zimbabwe se konsul-generaal in Suid-Afrika, Batiraishe Mukonoweshuro het aan sy landsburgers die versekering gegee dat die feit dat 12.228 aansoeke afgekeur is, nie beteken dat Suid-Afrika aansoekers sal wegwys nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.